| |
Re-unies
Oud-Helpies klas van 1991 (Seuns en meisieskole)
10 September 2011 19h00 – 21h00 by Helpmekaar Kollege h/v Empireweg en Mellestraat, Parktown. Kontak Belinda 076 765 2134 / dwsbelinda@gmail.com vir meer inligting.
Oud-Helpies klas van 1971 (Seuns en meisieskole)
1 Oktober 2011 Marks Park Sportklub, Emmarentia (Judithweg reg teenoor die Melville-koppies) 18h30 vir 19h00 Drag : Deftig (Soos die matriekafskeid, net beter!) Koste : R295 per persoon Kontak: Rudi : 011 673-0631(W) of 083 250 0569, rbosman@telkomsa.net Rykie : 011 463-4440 (W) of 082 850 1854, rml@global.co.za Louis: 021 808-4079 (W) of 082 575 3130, mailto:ldvroodt@sun.ac.zavir vir meer inligting.
Oud-Helpies klas van 1961 (Seuns en meisieskole)
15 Oktober 2011 11h00 tot laat by Helpmekaar Kollege h/v Empireweg en Mellestraat, Parktown. Kontak Steve Groeneveld 011 672-5097 / 0832674831 /spvgroeneveld@gmail.com vir meer inligting.
Oud-Helpie Herdenkingsmuur:
Die muur agter die swembad word omskep in ’n HERDENKINGSMUUR vir Oud-Helpies wat tot einde 2011 teen ’n billike prys van R1 000.00 per teël/baksteen aangekoop kan word. Die Oud-Helpie se naam en jaar waarin hy/sy Helpmekaar verlaat het, sal daarop aangebring word.
Memorabilia: Olyfolie - 'n Briljante geskenk
Dit is uniek met ons eie logo wat daarop verskyn. Dit is ‘ n ideale geskenk of gebruiksartikel vir elke huis, kry gerus joune. Olyfolie is in glasbottels van 500ml (R50)en 250ml (R30) te koop by die skool. Ons sal u ondersteuning hiermee baie waardeer.
Ondersteunerbaadjies
Ons herinner u aan die baadjie wat bestel kan word en met Helpmekaar trots gedra word. Die baadjies is baie ruim en u kan gerus ‘n kleiner grootte bestel (S, M, L, XL, XXL). Die koste beloop nou R330 per baadjie. Die persone wat baadjies bestel het by die feesdag op 18 Julie moet my asb op my sel kontak.
Joernaal : nie jaargebonde Met baie insette van Helpies (leerders, personeel, ouers) het ons ‘n tydlose jaarboek saamgestel wat verpersoonlik is met Helpmekaar se eie identiteit. Hierdie joernaal het geen jaartal in en kan dus vir ‘n onbepaalde tydperk gebruik word. Die inhoud bestaan uit boererate, resepte, pittige sêgoed, foto’s van toeka tot nou en aanhalings wat leerders nagevors het. Dit is ook ‘n baie oulike geskenk. Dit is te koop by die skool teen R200 per item.
KKoop vandag nog joune om teleurstelling te voorkom. Dit is ‘n MOET vir elke Helpie-hart!!
Kapitaalprojekte:
Net om u geheue te verfris ons huidige kapitaalprojekte sluit die volgende in: Vloei van verkeer (nuwe ingang en uitgang van skool) Kondisionering- en sportbeseringrehabilitasiesentrum
- Forumarea: dak oor swembad-pawiljoene
- Sportveld opgradering
- Volgehoue onderhoud van skool
Ons benodig kundigheid, hulp en "goodwill" van ons oud-Helpies. Indien u meer inligting oor die kapitaalprojekte wil ontvang kan u JP van der Merwe gerus kontak by 084 580 3152 of jp.vandermerwe@helpmekaar.co.za.
Gelukwensings
Baie geluk aan Helpmekaar Kollege vir nog ‘n sukselvolle produksie met 5 uitverkoopte vertonings van die onvergeetlike Helpmekaar Skop 90 Volt Produksie!
Oud-Helpie Databasis
U hulp om kontak te maak met alle oud-Helpies sal terdeë waardeer word. Kontakbesonderhede kan aan my gestuur word by cecile.gomes@helpmekaar.co.za.
Van Nooiensvan Naam Jaar in Matriek Tel nr Sel nr Faks Epos
Indien u nie op ons databasis wil wees nie of verkeerdelik die eposte ontvang stuur net ‘n epos aan my om u van die databasis te verwyder.
Dankie Cecile Gomes Helpmekaar Kollege Alumni-Administrateur E-pos: cecile.gomes@helpmekaar.co.za Sel: 082 922 7253
|
|