|
Beauty and the Beast is ‘n jaarlikse funksie waartydens 20 finaliste ( 10 seuns en 10 meisies) die skool en ouers vermaak. ‘n Musiek gaskunstenaar word ook uitgenooi en bekende persone word gevra om beoordeelaars te wees. Laasjaar se gaskunstenaars was die Straatligkinders en vanjaar het Flip-a-coin die gehoor vermaak.
Die finaliste word deur hulle registerklasse benoem, waarna die skool stem vir die finale 20. Slegs graad 11 en 12 leerlinge mag deelneem. Die finaliste vermaak die gehoor met danspassies en musiek en aan die einde van die aand verskyn hulle in aanddrag en is daar ook ‘n vrae-sessie wat gewoonlik vir groot vermaak sorg.
‘n Meneer en Mejuffrou Persoonlikheid word deur die finaliste self aangewys. Die amptelike fotograaf wys Meneer en Mejuffrou Fotogenies aan. Die Beauty & Beast word deur die beoordelaars aangewys.
Hierdie hele “show” word in een week aanmekaar gesit en is werklik ‘n hoogtepunt op Helpmekaar se sosiale kalender.
|