|
“A life without love is like a year without summer”
… of soos Helpmekaar sonder ‘n Valentynsbal.
Liefde is oral in die lug, die spanning loop hoog en die senuwees is op want die dag is amper hier, die groot, ROOI Valentynsdag.
Ons begin Valentydsag vier op Maandag 13 Februarie, elke dag tot Vrydag 17 Februarie. Almal kan elke dag deel hê aan die prêt deur ‘n verrassingspakkie te koop teen R20. Daar sal daai ietsie ekstra wees vir elke dag, wat ook onder andere ‘m gelukkige nommer insluit, waarmee jy ‘n wonderlike prys kan wen.
Dan word hierdie Valentynsviering afgesluit op Saterdag 18 Februarie … dink net …
‘n Romantiese kerlig ete, klanke van ‘n Jazzorkes in die agtergrond, en die geur van vars, rooi rose in die lug, oral staan mense verwonderd en … verlief!
By hierdie jaar se Valentynsbal deel Helpies ‘n elegante, stylvolle, formele aan in die 1920’s. ‘n aand van dans, gesels, liefde en …
Kaartjies vir hierdie uithaler funksie kan gekoop word by die finansiele kantoor vanaf Maandag 6 Februarie tot Woensdag 15 Februarie teen R50 per persoon.
Die Helpies gaan saam terugreis na die 20’s om die misterieuse Pizazzz van diè stunning era te herontdek, te herdifinieer en uit te leef in styl, soos net Helpies kan.
Maak seker jy’s deel daarvan en kom ervaar ‘n aand met ‘n onbeskryflike
“TOUCH OF PIZAZZZ”
|