komaan  
    helpmekaar
Welkom by HELPMEKAAR.
Sosiaal / Time Out
 
 


 
 

Time Out is die plek waar ons rustig word en energie kry.  Deur saam te “worship”, te kuier en meer te leer van die Here, bou ons bande met kosbare vriende en versterk ons, ons geloof.

Die Here sê in Matteus 11:28 “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. ...”

Om jou rus by die Here te vind, beteken egter nie om altyd rustig te wees nie!  Daarom het ons elke jaar ‘n onvergeetlike Get-a-way kamp en reël ons goeie sprekers en lekker funksies, soos die meisies se “sleepover” in die forumsaal.

Enige iemand en almal is welkom om deel te word van Time Out en by die Mighty men – spesiaal vir die ouens- of WoW – spesiaal vir die meisies- betrokke te raak.

Kom leef saam met ons die vrug van die Gees uit, waar ons liefde ontvang van God en dit gee aan ons vriende, met vreugde en lewenslus die lewe aanpak, vrede in ons harte het oor God se doel met ons lewe, leer om ons medemens en soms onsself met geduld te hanteer, vriendelik en goedhartig is teenoor ander, werk aan ons nederigheid en selfbeheersing en getrou is aan God en ons medemens.

Indien jy enige navrae het, kontak asb vir

Juf. Louisa Stoker – louisa.stoker@helpmekaar.co.za   (Time Out & WoW)

Mnr. Marnus Grobler – marnus.grobler@helpmekaar.co.za   (Time Out)

Mnr. Christoff Visser – christoff.visser@helpmekaar.co.za   (Mighty men)


        


 
Home | Website terms of use | Privacy Policy | Last Updated: 16 Aug 2011