Met pouvere pronk … ja beslis! Op die dag maak die vere beslis die voël, en dié dag kom al die voëls van eenderse vere bymekaar-hulle kom vier vrouwees, saam kuier maar mees as dit-hulle vier mooi lyk, mooi voel – MODE!
Helpmekaar se modeparade is beslis besig om al hoe meer bekend te word, dis nie net onder die ouers nie, maar ook in die modewêreld-name soos Marianne Fassler, Hobo en Marie Couture is al familiêr met dié dag van glans, toonkrullekker kos, stylvolle klere en heerlike vermaak.
Dit word elke jaar groter, beter, mooier en lekkerder, so bespreek die jaar betyds jou kaartjie vir ‘n dag wat jy jou verantwoordelike in ‘n netjies boksie by die huis kan los en kan kom ontspan…
…wie wee twat die verrassingspakkie op jou stoel dié jaar gaan inhou…
|