| |
Matriekafskeid is dalk 'n ritueel by ander skole waar
meisies toegedraai is in duisende rande en nie noodwendig
almal saam afskeid neem van die onderwysers en mekaar nie.
By Helpmekaar is dit 'n funksie war al die onderwysers en
matriekleerders saam in styl afskeid neem. Die Helpie-girls
ontluik in Helpie-dames. Natuurlik kan die Helpie-boys nie
misgekyk word nie, want op daardie aand is daar altyd 'n
paar paddas wat in prinse verander. Van al die unieke rokke
en haarstyle en selfs pakke kan jou oog nie genoeg kry nie.
Daar was al 'n paar dames wat trots is om te erken dat hulle
self hulle eie rokke ontwerp en gemaak het, tog lyk die rok
soos 'n skepping van 'n professionele ontwerper.
As deel van die tradisie by Helpmekaar word die afskeid elke
jaar in Lovedaystraat by die Randklub gehou. Binne is die
vertrekke asemrowend mooi. Die houtafwerking skep 'n
outentieke en antieke styl, wat soos 'n handskoen vir 'n
Helpie-afskeid pas. Ook is elke matriekouer genooi om 'n
skemerkelkie te geniet gedurende die aankoms van a' die
gaste. Die pragtige stel trappe wat die leerder klim, na die
volgende verdieping, is 'n weerspieƫling van die jare se
groei en ontwikkeling. Al was daar tye wat die trappe
gekraak het, is daar altyd die sagte rooi mat onder jou, en
is die breƫ sterk handreling waaraan jy kan klou, jou alma
mater.
 |
 |
|
|