| |
HELPMKAAR se GROENKLUB
Daar word jaarliks twee toere gereël vir die kinders om uit die besige stadslewe te ontsnap en die natuurskoon asook ander avontuurryke aktiwiteite te beleef en te ervaar.
In 2011 is dit geen uitsondering nie en gaan die Groenklub op hul jaarlikse Oranjerivierroei ekspedisie by Noordoewer in Namibië gedurende die begin van die April-vakansie vanaf Saterdag, 12 April tot Sondag, 20 April. Daar word verder nog idees ingewin vir die toer wat gedurende die Augustus- vakansie sal plaasvind en was daar byvoorbeeld in 2007 ‘n toer na Knysna gereël waar verskeie aktiwiteite soos perdry, ferryrit, Canopy tours, 4-wiel motorfietse en ‘abseiling’ gedoen was.
|
|