komaan  
    helpmekaar
Welkom by HELPMEKAAR.
Sosiaal / Duik
 
 


 
 

By Helpmekaar Kollege glo ons in gebalanseerde leerders en Duik is nog een van die aktiwiteite waar elke Helpie ekstra vaardighede kan leer.

Hierdie stokperdjie wat wêreldwyd al hoe gewilder word, het by Helpmekaar ook gegroei. Vanjaar het daar 37 leerlinge hul “Open Water” lisensies voltooi en 10 leerlinge het hul “Advanced Open Water” kursusse voltooi!

Die kursusse word aangebied deur Brightwater Scuba en ons het ons kwalifiserende duike by Miracle Waters naby Brits voltooi. Die duikinstrukteurs en personeel by Brightwater Scuba doen hul werk met ongelooflike entosiasme, professionaliteit en perfeksie! Dieselfde instrukteurs wat die duikers opgelei het, gaan ook saam ons op die duiktoere wat die jong duikers baie gemaklik en veilig hou onder die water.

Ons beplan ook om die kursusse weer volgende jaar deur Brightwater Scuba te doen en ons begin reeds vroeg in 2012 met die volgende groep nuwe duikers!

Daar het reeds twee duiktoere in 2011 plaasgevind. Die eerste een was in April te Umkomaas naby Durban wat bekend is vir die haai-bevolkings en skeepswrakke! Die tweede een was ook in April en het by Sodwana plaasgevind. Hier het ons weer ongelooflike riwwe geduik en tientalle visspesies gesien!

Ons volgende duiktoer is in die reses en vind plaas te Ponta Malongane in Mosambiek!

 
Home | Website terms of use | Privacy Policy | Last Updated: 16 Aug 2011