komaan  
    helpmekaar
Welkom by HELPMEKAAR.
Sosiaal / Black-Tie
 
 


 
 
Die "Black Tie" manne- aand is een van Helpmekaar se spog geleenthede vir die jaar.
 
Dit word gewoonlik in Junie gehou en behels 'n aand van spoggerig aantrek, lekker eet en lekker saamkuier. Elke jaar word 'n tema gekies en word die forumsaal ongelooflik stylvol opgemaak om luister aan die aand te gee. Elke jaar word 'n gas spreker genooi en vanjaar (2011) was Hein Wagner ons spreker van die aand. Die ongelooflik man het almal geinspireer en vermaak met sy unieke kombinasie van humor en erns oor sy stryd en suksesse as blinde. Hein hou onder andere die rekord vir die vinnigste blinde motorbestuurder in Suid-Afrika!
 
Die aand was vanjaar 'n reuse sukses en is R90 000 ook ingesamel vir Hein se organisasie wat hulp aan blinde mense verskaf.
 
 
 
Home | Website terms of use | Privacy Policy | Last Updated: 16 Aug 2011