|

Koor en Sanggroep
Die jaar van 2008 gaan werklik een wees om te onthou. 2008 Was een van groot makiti vir die Helpmekaar Kollege Koor; die toer na Kaapstad was 'n hoogtepunt. Daar was verskeie optredes saam met Mes in die Linder Ouditorium en Saam met Nianell in die Albertonse burgersentrum om net 'n paar te noem. Tydens die pas afgelope Eisteddfod het die koor 'n A++ simbool behaal. Die koor bestaan uit meer as 60 lede en groei van krag tot krag.
Ons sanggroep het 'n kardinale rol gespeel tydens die produksie en het ook vir Madiba se verjaarsdag op Kwêla gesing.

|