komaan  
    helpmekaar
Welkom by HELPMEKAAR.
Kultuur / Toneel
 
 


 
  Die Helpies neem elke jaar deel aan die ATKV-tiener toneelfees. Dit word in die Promusica in Roodepoort aangebied.

Helpmekaar se drama onderwyser, Mnr. Ferreira en ‘n paar drama leerders het saamgespan om ‘n nuwe teks genaamd Seuntjie te skryf en gevolglik op die planke te bring vir die ATKV tienertoneel. Die stuk handel oor ‘n meisie genaamd Christine wat van geslag wil verander en die impak wat dit op haar familie het. Die hoofstyl van regie is Post-modernisme. Die regisseur het ook ander teaterstyle insluitend werkswinkel-, bewegings- en Epiese teater gebruik om Seuntjie op te voer. 

Vanjaar het Helpmekaar Kollege se ATKV tienertoneel in die Noord-Gauteng streek kompeteer. Gedurende die eerste optrede word daar sertifikate oorhandig aan die top spelers – slegs brons en silwer. Ses van die leerders het brons sertifikate ontvang, hul sluit in Franco Havenga, Zandré de Jager, Izak Berg, Chris-Li Bester, Lisa Strydom en Simonne van den Heever. Mnr. Ferreira het drie silwer sertifikate ontvang vir regie, choreografie en dekor-ontwerp. Die produksie het deurgedring na die tweede rondte van die streek waar die beoordelaars besluit het om Lisa Strydom se brons sertifikaat na ‘n silwer te verander. Na dese het die ensemble die goeie nuus ontvang dat die punt wat aan hul toegeken is een van die vyf hoogste punte in die Noord-streke van Suid-Afrika se ATKV-tienertoneel is. Dit laat hul toe om gedurende die Aardklop kunstefees op te tree en te kompeteer teen die 9 ander skole wat deel maak van die landswye top 10 ATKV tienertoneel produksies vir 2011.

 
Home | Website terms of use | Privacy Policy | Last Updated: 16 Aug 2011