|
Helpmekaar Seuns
Tennis 2011
Die seuns-tennisspan van Helpmekaar het die afgelope paar
jare groot opgang gemaak in die liga. Die eerste span speel tans in die 1 A-liga,
en sou hulle dit wen, sal hulle opskuif na die premier-liga. Dit sal die eerste
keer in Helpmekaar se geskiedenis as privaatskool wees, dat hulle dit kon regkry.
Die eerste span bestaan huidiglik uit jonger spelers
waaronder Danrick Kruger, wat tans die 13’e beste speler in sy ouderdomsgroep
in die land is. Ander gereelde spelers vir die Wimbledon-span of A-span is
Ulrich Kruger, Wihann Conradie, Ryno Vlok, Reinhardt Cromhout en Armand
Wessels.
Die A- en B-span se wedstryde is Vrydagmiddae en die C- en
D-spanne speel hul wedstyde op Maandagmiddae. Sien die bepalings vir termyn 3
hierby.
Die A- en B-span oefen ook Dinsdag middae by UJ se bane waar
hul afrigting in veral die dubbelspel tegnieke ontvang.
Die seuns word aangemoedig om Woensdag en Donderdag middae
op die skool se bane te oefen en mekaar uit te daag om hul posisie op die
ranglys te verbeter.
|