komaan  
    helpmekaar
Welkom by HELPMEKAAR.
Sport / Uitslae
Tennis by Helpmekaar Tennis Program Tennis Presteerders Uitslae Fotos
 
 


 
 

Seuns Tennis 23/09/11: Wimbledon-span verloor 32-67 teen Randpark.

Meisies Tennis 23/-9/11: A-span verloor teen Parktown; B-span wen teen Parktown.   

 

Helpmekaar Kollege Seuns Tennis Verslag Termyn 1, 2011.

Die jaar het afgeskop met die interne toernooi by die UJ bane. Ongeveer 45 seuns het deelgeneem en ‘n ranglys is opgestel. Seuns kon mekaar uitdaag om hul posisie op die ranglys te verbeter en sodoende kans kry om vir die spanne te kwalifiseer.

Vier seuns spanne is geidentifiseer en hulle het aan liga wedstryde  tydens  die eerste  termyn deelgeneem. 

 

Die Wimbledon-span of A-span het hierdie jaar vir die eerste keer in die 1 A-liga gespeel, wat net onder die premier-liga is. Dit is te danke aan goeie uitslae van verlede jaar en die span is dus gepromoveer na hierdie liga. Opponenete het ingesluit St Johns, St Stithians, Northcliff, KES, CBC Boksburg en Trinity.

 

Die seuns-span gaan weer hierdie jaar in die tweede termyn aan die winter-liga, wat hoofsaaklik privaatskole insluit, deelneem. 

 

Die  seuns en dogters spanne gaan ook tydens die Augustus-vakansie na Sun City vir die jaarlikse privaatskole toernooi.   

Die uitslae van die onderskeie ligas in die eerste termyn is as volg:

Wimbledonspan(A-span):       Wen 3 wedstryde, verloor 3 wedstyde.

Roland Garrosspan(B-span):  Wen  3 en verloor 3 wedstyde. Hierdie span speel ook in ‘n hoër  liga nadat hul ook gepromoveer is.

Flushing Meadowspan(C-span): Wen 3 en verloor 2 wedstyde.

Rod Laverspan(D-span):          Wen 4,  en 1 gelykop as gevolg van reën.

 
 
Home | Website terms of use | Privacy Policy | Last Updated: 8 Aug 2011