komaan  
    helpmekaar
Welkom by HELPMEKAAR.
Sport / Netbal
Netbal by Helpmekaar Netbal Program Netbal Presteerders Uitslae Fotos
 
 
 
 

Netbal by Helpmekaar

“Victory is fleeting.  Losing is forever.”  Hierdie gedagte deur Billy Jean King is een van die dryfkragte in die Helpie-netbalmilieu.  Dit gaan nie net oor oorwinnings op die netbalbaan nie, maar ook oor persoonlike oorwinnings wat elke speler  en afrigter moet behaal, ongeag in watter span. 

Met toegewyde afrigters is daar baie positiewe energie en die Helpie-dogters geniet hul netball ten volle.  Harde werk, deursettingsvermoë en liefde vir die sport maak al die tyd wat ingesit word, net `n plesier.

As distrikwenners van Distrik 13, wat geskep is om privaatskole te akkommodeer, het al 5 ouderdomsgroepe aan die GISA-uitspeelwedstryde deelgeneem.  Die o/16-dogters het die 6 de posisie beklee en die 0/14`s het met hul ongelooflike 5 de plek aan die South Arfican Schools`s Festival deelgeneem en naas Affies en Menlopark in die derde plek geëindig.

Ons is ook trots op die 5 dogters wat in provinsiale spanne opgeneem is, asook elke dogter wat in die 11 verskillende spanne as speler haar taak met toewyding in 2011 verrig het.

Op die kalender:

`n Opwindende af-seisoenprogram onder leiding van die Proteaspan-afrigter, Elize Kotze, skop op 14 September 2011 af om vaardigheidsontwikkeling en kondisionering te doen.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Home | Website terms of use | Privacy Policy | Last Updated: 16 Aug 2011