| |
1. Spanne
Helpmekaar sal in 2012 met met
minstens 10 spanne deelneem aan bepalings wat deur Gauteng
Skole voorsien word.
Ons sal met die volgende spanne
deelneem aan die bepalings:
| Seniors: | 1ste, 2de, 3de,
(4de) | | Juniors: | o/14 A, B, (C) | | | o/15 A, B, (C) | | | O/16 A,
B, (C) |
2. Bepalings 2012Januarie Saterdag - 21 CBC Boksburg Saterdag
- 28 St Martins
Februarie Saterdag 4 - Cubs Saterdag 11
- Trinity House Saterdag 18 - Glenvista 3. Toere en Kriekettoernooie
Elke jaar word daar aan verskeie toernooie deelgeneem. Hier
sal jy die geleentheid kry om teen ander top skole van
regoor die land te speel. Die 0/15-span speel by Sundown Ranch (Rustenburg) in 'n festival jaarliks in Januarie en die eerstespan speel jaarliks by die Independant School's Festival by St Albans in Pretoria.
Elke leerling kry ook die
geleentheid om minstens een keer in sy skoolloopbaan in die
buiteland te toer. ‘n Junior en Senior span (28 seuns) het
vanaf 29 November tot 18 Desember 2010 in Sri- Lanka en
Indië getoer.
4. Area en
Provinsiale spanne Ons seuns neem ook deel aan
area proewe, en ons seuns verteenwoordig ook area en
provinsiale spanne . In 2011 het ons 5 seuns (Dante de Wet, Tokkie Underahy, Shaun Dadswell, Shane Dadswell en Michael du Plessis) in die 0/15 Johannesburg –Noord span en 3 seuns
(Stefan Jacobs,Ulrich Kruger en Marnes Badendrecht) )in die 0/19 span
5. Oefentye
Maandae (Opsioneel), Dinsdae, Woensdae, Woensdae en
Donderdae 14:00 tot 15:30
6. Kleredrag Wedstryd: Wit langbroek, kriekethemp, krieketskoene of
oorwegend wit seilskoene en skoolpet. Die skoolbaadjie word
gedra voor 'n wedstryd asook tydens tee- en etenspouse. Oefendrag: Skool sportbroek, kriekethemp, skoolpet. Geen
ander drag word toegelaat nie. 'n Kopskerm moet te alle
tyde in die nette gedra word.
7.
Krieketakademie Helpmekaar beskik oor ‘n
gespesialiseerde krieketakademie waar leerlinge regdeur die
jaar aan krieket kan deelneem. Hier word leerlinge aan ‘n
gevorderde program deur ‘n spesialis afrigter blootgestel.
Die Akademie poog om minstens een maal per termyn ‘n
afrigtingskliniek aan te bied met afrigting sessies waar
ander kundiges, Protea- en provinsiale spelers hul kennis
met die leerlinge kom deel.
Die Krieketakademie is
ook oop vir alle laerskool leerlinge.
Die Akademie
word bestuur deur John Bailey. Oefentye is Maandag tot
Vrydag van 16:00 – 18:00. Oefentye kan aangepas word, maar
mag nie inbreek maak op enige skoolaktiwiteite nie.
Belangrik!!
Indien jy sou belangstel om nou al by die
krieketakademie aan te sluit kan jou ouers gerus vir Mnr.
Willie van den Berg kontak op 083 977 6444 of e-pos
willie.vandenberg@helpmekaar.co.za
8.
Gedragskode en Etiek Elke speler moet te alle
tye tydens oefeninge en wedstryde die positiewe beeld van
Helpmekaar uitdra en ten alle tye 'n ambassadeur wees vir
die skool.
9. Prysuitdeling Kriteria
| Sertifikaat: | 80% wedstryde gespeel | | | 90% oefeninge bygewoon | | Balkie: | 3 Sertifikate vir krieket | | | Areaspan | | Erekleure: | Gauteng Provinsiale span, SA Skole |
|
|