|
Geagte
Helpiehokkie-ouer 2012 Hierdie
jaar se hokkieseisoen het aangebreek! Die hokkieafrigters kan nie wag om die
dogters weer op die velde te sien vir oefeninge en wedstryde nie. Ek gee
graag die reëlings vir hierdie seisoen aan julle deur. Oefentye: Ons
oefentye by JCE se grasvelde is hierdie jaar soos volg: Dinsdae,
Woensdae en Donderdae 2:10nm tot 3:20nm sodat die kinders betyds terug by
die skool kan wees vir busvervoer.
Ons het gereeld
op Saterdae in Maart oefenklinieke saam
met Steve de Kock by die Randburg Astro. Dit is oop vir alle meisies wat
belangstel en word gratis aangebied. Verdere inligting sal nader aan die tyd
aan u deurgegee word. Kleredrag: Wat
oefeninge betref, word gepaste sportdrag en skoene gedra wat dit moontlik maak
om voluit deel te neem. Vir
wedstryde word daar die volgende gedra:
- Helpies Meisieshokkie- hemp
- Helpies Meisieshokkie- romp
- Helpies Meisieshokkie- kouse
Al die
klere is by die klerebank beskikbaar. Die koste beloop +/- R330. Neem asb.
kennis dat die Eerstespan hul eie drag het wat effens verskil van die res van
die meisies. Afrigters: Die
Afrigters vir hierdie jaar is die volgende: 0/14 –
Juffrou Jana Botha saam met afrigter Kristen Simone (0/21 A Suid- Gauteng kleure vir hokkie.) 0/15 – Juffrou Cindy Marais saam met Kaila
Flemming 0/16-
Juffrou Clare Grove saam met Kaila Flemming 2 de
span – Christene Roos ( SA kleure vir
hokkie) 1ste span
– Dean Pullen (SA kleure vir hokkie) Juffrou
Kristy Carlisle sal die spanbestuurder
vir die Senior-dogters wees.
Hokkie-
groete
Cindy
Marais
Sel no: 0832798177
|