|
Helpmekaar se gholf is vuurwarm!
Ons neem deel:
Dit gaan baie goed met Helpmekaar se gholf. Ons het die
Gauteng Schools Betterball Liga gewen waar ons
stof in die oë van skole soos Glenvista High, Hoërskool
Florida en Marion Kollege geskop het. Dit is ‘n baie harde
liga en elke speler moet op sy beste wees om seker te maak
dat sy span seëvier. Ons het in die finaal teen Glenvista
High bly Glenvista Golfbaan gespeel. Hulle was baie sterk
kompetisie en die gholf was van uitstekende gehalte.
Ons het ook in die Central Gauteng School Golf
kampioenskappe deelgeneem by Crown Mines Golfbaan.
Hierdie was ‘n goeie blootstelling vir ons gholfspelers
aangesien ons teen top skole soos St. John's College, King
Edward XI School en Dainfern College, gespeel het.
Toere:
Ons het twee toere hierdie jaar gehad,
wat die kinders baie geniet het. Die eerste toer was
Margate, waar ons o.a. San Lameer en Southbroom
gespeel het. Die kinders het die toer so geniet dat hulle
reeds hul name op gesit het vir volgende jaar!
Die tweede toer was die groot een! Die Nyati
toer waar ons o.a. Gary Player CC en Lost City GC gespeel
het. Die kompetisie was sterk en het ons tweede
geeïndig . Hierdie is die tipe blootstelling wat jy
by Helpmekaar kan verwag.
Oefeninge
Op Maandae en Vrydae middae word daar aan die
beginner-spelers die geleentheid gegee om op die omliggende
gholf- en dryfbane te speel..
Helpmekaar se gholf is baie gesond aangesien daar baie
belangstelling is. Dit sal verseker dat Helpies se gholf net
van krag tot krag kan gaan.
|