komaan  
    helpmekaar
Welkom by HELPMEKAAR.
Sport / Atletiek by helpmekaar
Atletiek by Helpmekaar Atletiek Program Atletiek Presteerders Uitslae Fotos
 
 


 
 

Helpmekaar het op Dinsdag, 6 Maart 2012 deelgeneem aan Afdeling A van die Super Interhoër by die Herman Immelman- stadium te Germiston. Sestien skole het in twee afdelings deelgeneem aan seker dié beste skole-atletiek byeenkoms in Suid-Afrika.

Helpmekaar is, wat getalle betref, die kleinste van die 16 skole - met die meeste van die ander skole wat dubbel die aantal leerlinge het. Ten spyte hiervan het Helpmekaar uitstekend presteer en uiteindelik vierde geëindig in Afdeling A. Die punte stand vir die byeenkoms was as volg:

Seuns:  1. Monument         413           Meisies: 1.  Kemptonpark     421
             2. Afrikaans Hoër 410                          2.  Monument          362
             3. Kemtonpark      353                          3.  Waterkloof         329
             4. Waterkloof        345                          4.  Helpmekaar       320
             5. Garsfontein       283                          5.  Afrikaans Hoër  314
             6. Helpmekaar      275                          6.  Noordheuwel     313
             7. EG Jansen        260                          7.  EG Jansen          253
             8. Noordheuwel   225                          8.  Garsfontein        236

Die gesamentlike puntestand was as volg:


1. Kemptonpark  778
2. Monument      774
3. Waterkloof     674
4. Helpmekaar    603
5. Noordheuwel  538
6. Garsfontein     519
7. EG Jansen       503
(Afrikaans Hoër Seuns en- Meisies neem nie deel aan die gesamentlike afdeling nie.)

Die feit dat Dr. E.G.  Jansen vanjaar die sewende plek ingeneem  het, bring mee dat hulle afskuif na Afdeling B en Hoërskool Nelspruit (wat die B-afdeling gewen het), opskuif na Afdeling A.

Jason van Rooyen, van Helpmekaar, is aangewys as die beste veldatleet en ook die Junior Victor Ludorum vir sy puik prestasies in die seuns 0/15- diskus én -gewigstoot.
Die 2012 atletiek-seisoen was beslis Helpmekaar se beste vertoning ooit op die atletiekbaan.
   




 
Home | Website terms of use | Privacy Policy | Last Updated: 28 Sep 2011