|
Prestasie 2012: Jason van Rooyen in graad 9 het by UJ se Top 10-atletiek byeenkoms die SA rekord vir die diskus seuns 0/15 verbeter tot 62,96 . Jason was in 2011 as 0/14-seun derde by die SA's in die diskus 0/15. SA-Atletiekkampioenskappe 2012 ‘n
Rekordgetal van 23 Helpies het gekwalifiseer om aan die kampioenskappe deel te
neem. Vyf van ons leerders het medaljes verower, waarvan vier goue medaljes verwerf
het. Die prestasies was as volg: ·
Jason
van Rooyen: goud in
gewigstoot: seuns 0/15 (18.20m) ·
Thea
Penberthy: goud in hekkies: dogters 0/15
(12.89 sek) – en sy is nog 0/14! ·
Lizandi
Schoeman: goud in driesprong:
dogters 0/15 (10.90 m) ·
Amonè
de Wet: brons in spiesgooi: dogters 0/15
(42.30 m) ·
Inari
Basson was deel van die Gauteng aflosspan wat die 4 x 400m gewen het.Prestasies 2009-2011 Op individuele
gebied presteer die skool besonders en het ons net in die laaste paar jaar
alreeds 36 provinsiale atlete opgelewer wat met trots Gauteng-skole en Sentraal
Gauteng Atletiek op SA Skole en SA Junior Kampioenskappe verteenwoordig. Onder hulle is daar verskeie medaljewenners
en SA Kampioene in sowel atletiek as landloop.
Vanaf 2009 het
die volgende Helpies die SA Skolespan gehaal:
Quinton Norris - 400m
Hekkies
Chanté van
Tonder - 100m, 200m
Gira Carstens - 800m
Constand van
Rooyen - Gewigstoot
en Diskus
Helpmekaar het
ook in 2011 die meeste provinsiale verteenwoordigers van ‘n skool in die
area. Let op veral die spektrum van
items soos hieronder uiteengesit, waarin atlete gekwalifiseer het:
20 Atlete:
Jessica Aylward - Landloop
Mienke Kruger - Landloop
Amoné de Wet - Spiesgooi
Gira Carstens - 800m
Chanté van
Tonder - 100m, 200m (ook SA Kampioen)
Suné Steenkamp - 7
Kamp
Briguette
Bezuidenhout - Landloop en 1500m
Lauren Botha - Landloop en 800m
Jolene Rabie - Landloop 800m en
1500m
Dante de Wet - Spiesgooi
Kennet Sinclair - 100m
Hekkies en 300m Hekkies
Paul Smit - 110m Hekkies en 8 Kamp
Zandre Lindeque - 100m,
200m
Constand van
Rooyen - Gewigstoot
en Diskus
Pieter Lindeque - Spiesgooi
Jason Van
Rooyen - Gewigstoot en Diskus
Waldo
Postumus - 10 Kamp
JD Kruger - 10 Kamp
Inari
Basson - 400m
Tydens die SA Skole atletiekkampioenskappe van 2011 behaal Chante van Tonder 'n goue medalje in die 100m en 'n silwer in die 200m, dogters 0/19. Constand van Rooyen behaal brons in gewigstoot seuns 0/19 en Jason van Rooyen behaal brons in die diskus seuns 0/15.
|